Aangesien Hanukkah nie een van יהוה se vasgestelde tye volgens Levitikus 23 is nie, is dit nodig om oor die viering van hierdie fees te besin! Die feit dat Hanukkah nie Torah gefundeer is nie, naamlik nie deel is van die onderrig en instruksies van die eerste vyf boeke van die Skrifte nie, is rede vir die vraag of hierdie fees hoegenaamd gevier behoort te word? Lees verder: GB.Des19HanukkahHersien3
Author Archives: nuwelied
Is gehoorsaamheid aan God se Torah (reëls) belangrik vir redding?
Indien jy van mening is dat God se Torah niks met jou saligheid te doen het nie, lees asseblief die artikel deeglik deur voordat jy jou finale besluit neem of enige mening vorm rondom hierdie lering.Lees verder:
torahgehoorsaamheid-redding-v2
In die Voetspore van die Gemeente van Handelinge.
Verskeie bedieninge in die Messiaanse Beweging is so besig om hulle volgelinge (lesers) van die noodsaaklikheid van Torahgehoorsaamheid en Hebreeuse denke te vertel dat hulle opgehou het om die noodsaaklike fokus van Yeshua as dié Gesalfde Een en Sy nalatenskap te beklemtoon! Die vraag is dus of die Messiaanse Beweging in die voetspore van die gemeente van Handelinge en van die afgevaardigdes stap en dus werklike volgelinge van Yeshua is? Hierdie is die besprekingspunt in die aangehegte artikel. Lees verder: GB.16VoetsporeGemeenteHandelingeHersienNov20
Die Tel van die Omer
Die Skrifte gee geen verduideliking hoekom die dae vanaf Pesag tot en met Shavu’ot getel moet word nie. Ons is egter almal van kleintyd af bekend met die tel van die dae tot en met ‘n belangrike gebeurtenis of afspraak. Hierdie tel van die dae gaan gepaard met ‘n opgewondenheid en verwagting. Dikwels behels dit ook voorbereiding vir die geleentheid. In hierdie lig moet die tel van die omer gesien word: Ons tel die dae tot die volgende afspraak met ons Vader. Lees verder: GB3.Mrt13TelvanOmerhersienOkt20
Purim – Die Fees van Ester
Purim is ‘n fees wat in die bladsye van die Skrifte gevind word, maar is egter nie deel van die feestye (vasgestelde tye) van יהוה soos ondermeer in Levitikus 23 opgeteken is nie. Daarom is dit nodig om oor die viering van hierdie fees te besin, asook om te besin oor die betekenis daarvan en oor die plek wat dit in ons geloofslewe behoort in te neem. Lees verder: GB3.Mrt14PurimV2
Die Doop – Groot of nie en hoe….
Aangaande die waterdoop word veral vrae gevra soos “wie mag of moet my doop” en “mag ek iemand doop”. Hierdie vrae, asook meer duidelikheid oor die “oosprong” van die doop en hoe daar in Yeshua se tyd gedoop was, word bespreek: Lees verder: Die doop_v3.
Die Nuwe Verbond geskrifte, Mashiag en Yeshua.
‘n Toenemende aantal gelowiges verwerp Yeshua en uiteraard dan die Skrifte van die nuwe verbond! Dit is in die lig hiervan dat Gerrie Coetzee die aangehegte lering geskryf het waarin hy bewys lewer dat in die ou verbond (die Tanakh) is die nuwe verbond (die Apostoliese Skrifte) verskuil en dat die nuwe verbond openbaar en bevestig die ou verbond. Lees meer: Nuwe verbond geskrifte Yeshua en Mashiag Engels:The New Covenant Writings the Mashiag and Yeshua
In hierdie skrywe antwoord Gerrie Coetzee die vrae en kommentaar van ‘n man se reaksie op die lering van “Die Nuwe Verbond geskrifte, Mashiag en Yeshua”. Die aangehegde skrywe moet dus saam gelees word met Gerrie se lering Lees verder: Vrae met antwoorde op Yeshua Mashiag lering en Questions and answers to Yeshua study
Die Rol van Bloed in God se Raadsplan
In יהוה-God se Raadsplan om alles te herstel tot soos dit voor die sondeval was, speel die bloed ‘n sentrale rol. In hierdie Raadsplan neem die bloed ‘n sentrale rol in. Alles in die Afgesonderde Skrifte wat vanaf Genesis 3 tot en Openbaring 20 opgeteken is, moet plaasvind alvorens daar ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde kan wees!
Deel 1: Nie Sonder Bloed Nie: Die rol van bloed in die ou- en die nuwe verbond: Lees verder: Deel 1. Nie SonderBloedNie
Deel 2: Verlossing deur die bloed: Dit is belangrik om nie net tevrede te wees met die vertroue dat ons deur die bloed van Yeshua verlos is nie, maar ons moet die geestelike waarhede van wat hierdie verlossing alles behels, ook verstaan. Lees verder: Deel 2.VerlossingBloed
Deel 3: Wat Behels Die Verlossing Deur Die Bloed van Yeshua?: Yeshua is ons Verlossing! יהוה-God is ons Verlosser wat deur Yeshua ons verlossing bewerkstellig het! Maar die vraag is wat behels hierdie verlossing: Lees verder: Deel 3. WatBehelsVerlossingBloed
Deel 4: Bloedlynvloeke – Is dit Skriftuurlik? In die lig van alles wat tot hede aangaande die verlossing deur die bloed van Yeshua bespreek is, is die vraag: Is bloedlynvloeke Skriftuurlik? Lees verder: Deel4.BloedlynVloeke
Deel 5: Epigenetika. Die invloed van epigene op lewenskwaliteit en gedragspatrone word bespreek. Is dit egter bloedlynvloeke? Lees verder: Deel5.Epigenetika
Deel 6: Pleit die bloed – Is dit Skriftuurlik? Die vraag is of daar enige teksvers in die Skrifte is wat ‘die pleit van die bloed van Jesus’ kan bevestig? Lees verder: Deel6.PleitBloed
Gebed
Gebed is ons enigste kommunikasie met die Skepper Lewende God. Terwyl Hy met ons kommunikeer deur die Skrif, drome, visioene en ander mense, kan ons net met Hom praat deur gebed. Die Christelike gebedsvorm is dikwels nie anders as die spreekwoordelike inkopielys van “ek wil hê” en “gee my”! Daarom is die doel van die aangehegte artikel om ons denke te vernuwe deur eerder die Hebreeuse vorm van lofprysing, eer en aanbidding te gebruik wanneer ons in gebed tot יהוה nader. Lees verder: Gebed
Oggendgebed: morning prayer_oggendgebed
Aandgebed: nighttime prayer_aandgebed
Hebreeuse Wortels of Hebreeuse Worstelinge?
Wat is erger? Misleiding vanuit die Christelike (insluitend Rooms Katoliek, waaruit Christendom ontstaan het) leer, die Messiaanse leer of Rabbynse Judaïsme? Lees mooi, vriend of vriendin. Hierdie is nie spesifieke leerstellings in elkeen van hierdie groepe nie. Hierdie is die MISLEIDING midde-in hierdie leerstellings – hetsy Christelik, Messiaans of Judaïsme! Lees verder: HebreeuseWortelsWorsteling