Daar bestaan baie groot verwarring, asook verkeerde interpretasie onder Christene ten opsigte van die begrip: om vry van die wet te wees. Talle Christene is baie gou om te vertel dat hulle vry van die wet is, want hulle is onder die genade. Die doel van hierdie studie is om meer duidelikheid te verkry oor die wet van YHVH en die genade in Yeshua.
Category Archives: Torah en Genade.
Les 1: Inleiding en Agtergrond
Talle Christene word geleer dat hulle vry van die is, want hulle is onder die genade. Die doel van hierdie studie oor die Torah (die wet) en die genade is om meer duidelikheid te kry oor die ware betekenis van vry van die wet, asook die betekenis van onder die genade van YHVH. Lees verder: Les1TorahInleiding
Les 2: Torah: Die Basis van die Nuwe Verbond
Wanneer Skrifte soos Rom. 3:28, Rom.5:1, Rom. 6:14, Rom. 10:4 en Gal. 3:13 in isolasie gelees word, lyk dit soos ‘n uitgemaakte saak dat die gelowige onder die nuwe verbond vry van die wet is. Talle Christene word dan ook so geleer! Die vraag is egter: Is die Torah nie ook die basis van ons geloof in Yeshua nie?. Lees verder: Torah Belangrikheid.
Les 3: Onder die Wet of Onder die Genade?
Die doel van hierdie les is om duidelikheid te gee aangaande die betekenis van Paulus se verklaring dat die gelowige nie onder die wet is nie (vry van die wet), maar onder genade (Rom. 6:14). Lees verder: Onder Wet Onder Genade
Les 4: Dienskneg of Kind?
In Gal. 4:1 tot 8 verduidelik Paulus die feit dat die gelowige in Yeshua nie meer onder die wet is nie, maar wel onder die genade. Hy verduidelik dit aan die hand van ‘n kind wat tot volwassenheid gekom het. Lees verder: Les4 Dienskneg of Kind
Les 5: Torah – ‘n Vader-Kind Verhouding van Geloof
‘n Torah-gehoorsame leefwyse kan met ‘n vader-kind verhouding vergelyk word. YHVH is ‘n Vader wat Sy kinders onderrig. Sy kinders is diegene wat deur geloof in die versoeningswerk van Yeshua geregverdig verklaar is en deur geloof in gehoorsaamheid aan Torah leef. Lees verder: Torah: Vader-Kind Geloof
Les 6 (Deel 1): Hoorders en Daders van Torah
Om onder die genade, en nie meer onder die wet (Torah) te wees nie, is om vrygemaak te wees van die boom van kennis van goed en kwaad wat sonde en dood bring. Dit is om as vrygemaakte (geregverdigde) terug te keer om te eet van die Boom van die Lewe, naamlik ‘n lewenswyse van gehoorsaamheid aan al die onderrig en instruksies van YHVH, naamlik aan Torah. Dit is om ‘n hoorder en dader van YHVH se Woord te wees (Jos. 1:8; Jak. 1:22). Lees verder: TorahHoorderDader.
Les 6 (Deel 2): Hoorders en Daders van Torah
Die vrug van geloof is die geregtigheid van YHVH in Yeshua Messias. Die vrug van ‘n Torah leefwyse is die seëninge van YHVH. Daarom is geloof en Torah nie teenstrydig nie, maar vorm ‘n eenheid in die wedergebore kind van YHVH. Geloof het nie die werke van Torah vervang nie. Lees verder: Torah Hoorder Dader Deel 2
Les 6 (Deel 3): Hoorders en Daders van Torah
Verwysend na Deut. 28:5 is dit noodsaaklik om die werklike betekenis van goed luister (hoor) en sorgvuldig hou (doen) te verstaan, want dan alleenlik sal ons verstaan wat Vader-God van ons verwag. Lees verder: Torah Hoorder Dader (deel 3)
Les 7: Torah, My Hartsbegeerte
‘n Torah leefwyse is die pad van heiligmaking wat bydra tot ‘n verhoogde sensitiwiteit vir dit wat sonde is en hoe meer sal die besef posvat dat die wet heilig, regverdig en goed is. Daarom neem die begeerte en die wil om volgens Torah te leef steeds daagliks toe. Lees verder: Torah Hartsbegeerte