Rabbynse Judaïsme: Het Jy Geweet?

 

Die doel hiermee is om die onkunde oor Rabbynse Judaïsme wat by Christene, sowel as by gelowiges wat deel is van die Messiaanse Beweging bestaan, aan te spreek. Die bedoeling is slegs om feitelike inligting bekend te maak sodat elkeen ‘n ingeligde besluit kan neem of Rabbynse Judaïsme ‘n gevaar vir gelowiges wat Yeshua as Messias bely en navolg, inhou of nie! Lees verder: RabbynseJudaïsmeReeks

Aanval op PWL Vertaling

Aanval op PWL : Dit is jammerlik dat ‘n teologiese akademikus, professor Chris L. De Wet van die Universiteit van Suid Afrika, ‘n aanval publiseer op Gerrie Coetzee en sy vertaling van die Bybel bekend as die ‘Pad Van Waarheid Tot Die Lewe’ (PWL) sonder om, soos die Woord ons leer, eers die saak direk met Gerrie op te neem. Sou hierdie heel basiese opdrag uitgevoer gewees het, dan kon menige van die verkeerde afleidings en stellings deur De Wet aangaande die vertaling en bronne dalk opgeklaar gewees het, veral kon die totale vals beskuldiging dat PWL met die Lamsa-Bybel ‘n verbintenis het as ‘n opsetlike  en kwaadwillige vergelyking uitgewys gewees het. Lees verder:AanvalOpPWL

Who Is Your Rabbi?

From the Hebrew Teaching Group (HTG) the following communication was received: Believers from the house of Israel, also known as Ephraim or Joseph, who is generally known as ‘Messianics’, is commanded by the Torah to listen and learn from the House of Judah. My question, and I trust yours also, is whether Yeshua would agree with this statement from HTG. Read more: Jan16WhoIsYourRabbi