Gebed

Gebed is ons enigste kommunikasie met die Skepper Lewende God. Terwyl Hy met ons kommunikeer deur die Skrif, drome, visioene en ander mense, kan ons net met Hom praat deur gebed. Die Christelike gebedsvorm is dikwels nie anders as die  spreekwoordelike inkopielys van “ek wil hê” en “gee my”! Daarom is die doel van die aangehegte artikel om ons denke te vernuwe deur eerder die Hebreeuse vorm van lofprysing, eer en aanbidding te gebruik wanneer ons in gebed tot יהוה nader. Lees verder: Gebed

Oggendgebed: morning prayer_oggendgebed

Aandgebed: nighttime prayer_aandgebed

 

Hebreeuse Wortels of Hebreeuse Worstelinge?

Wat is erger? Misleiding vanuit die Christelike (insluitend Rooms Katoliek, waaruit Christendom ontstaan het) leer, die Messiaanse leer of Rabbynse Judaïsme? Lees mooi, vriend of vriendin. Hierdie is nie spesifieke leerstellings in elkeen van hierdie groepe nie. Hierdie is die MISLEIDING midde-in hierdie leerstellings – hetsy Christelik, Messiaans of Judaïsme! Lees verder: HebreeuseWortelsWorsteling

Hater van Jode…!!?? Regtig!!??

Ek is al dikwels beskuldig as ‘n “Jode hater en veragter van Torah” , asook van antisemitisme en lastering teen die huis van Juda! Hierdie tipe van beskuldigings – wat eerder as beledigings beskou kan word – het ek van die leiers van die Messiaanse Beweging ontvang. Die rede vir dit? Omdat ek waarsku teen die gevare en die misleiding van Rabbynse Judaïsme. Lees verder: JodeHater