Die Evangelie is veel meer as die lewe, sterwe en opstanding van Messias wat vir die mensdom die weg tot redding vir die wat glo gebaan het. Deel van die Evangelie is ook die onderrig, die instruksies en die leerstellings van YHVH (Sy Torah) wat nougeset deur die gelowige in Yeshua Messias toegepas moet word om sodoende al die seëninge van Vader-God deelagtig te wees.Lees verder: Torah Evangelie
Monthly Archives: February 2012
Les 9: Die Kerk Versus Torah
Die meerderheid in die ‘kerk’ verkondig dat gelowiges vry van die wet is. Is hierdie boodskap teenstrydig met wat Yeshua en die apostels verkondig het? Daar is net een ware Messias en Hy is of die Messias van Torah of Hy is dit nie! Lees verder: Kerk versus Torah
Les 10: Paulus se Vermaning aan Timotheüs
Paulus skryf aan Timotheus en vermaan hom soos volg: Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, …….., en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Yeshua Messias (2 Tim. 3:14 en 15) . Van wie het Timotheüs geleer en wat het hy geleer? Lees verder: Les10 Vermaning Timotheus
Les 11 (Deel 1): Torah, Tradisie en Skrifverklarings
Indien Rom. 7:12 met Gal. 3:13 vergelyk word, lyk dit of hier ‘n teenstrydigheid is. Hoe kan die wet (Torah) volgens Rom. 7:12 heilig, regverdig en goed wees, maar volgens Gal. 3:13 is dit ‘n vloek? Ons weet egter dat alles in die Skrifte uit een mond spreek en dat daar geen teenstrydige sal wees nie. Lees verder: Les11(deel1)TorahTradisie
Les11 (Deel 2): Torah, Tradisie en Skrifverklarings
Rom. 6: 14 word veral gebruik as die bewys dat die gelowige van die nuwe verbond nie meer onder die wet is nie en dat die wet dus as uitgedien en vervul beskou word. Hierdie teksvers moet in konteks met die res van hoofstuk 6 gelees word. Rom. 3:31 word ook bespreek. Lees verder: Les11(deel2)TorahTradisie
Les 11 (Deel 3): Torah, Tradisie en Skrifverklarings
In Deel 2 van Les 11 is daar begin om die Skrifgedeeltes wat verkeerdelik gebruik word om die siening dat die gelowige vry van die wet is, te ondersoek en die korrekte betekenis daaraan te gee. In Deel 3 sal enkele Skrifgedeeltes in Paulus se brief aan die Galasiërs ondersoek word. Lees verder: Les11(deel3)TorahTradisie
Les 11 (Deel 4): Torah, Tradisies en Skrifverklarings
Iin Deel 4 van Les 11 word enkele ander Skrifgeddeeltes bespreek wat ook as sogenaamde bewys voorgehou word dat die gelowige in Messias vry van die wet (Torah) is. Lees verder: Les11(deel4)TorahTradisie
Die Shabbat
Tuisblad
Visie
Om die Vaderhart bekend te maak deur die verkondiging en bestudering van die Afgesonderde Skrifte (die Bybel) met die doel om gesamentlik tot geestelike volwassenheid in Yeshua Messias te groei (Ef. 4:11 tot 16; Kol. 2:1 tot 3) en om die Bruid te help voorberei om vlekkeloos te wees (Jak. 1:27; 2 Pet. 3:14) by ons Messias se wederkoms.
Missie
- `n Afrikaanse webblad waar die Woord van YHVH verkondig word deur geestelike waarhede en studiemateriaal op gereelde basis te publiseer (Joh. 7:17; 2 Tim. 2:15; 2 Tim. 3:16 en 17).
- Valse leringe en praktyke in die kerk te ontbloot en die waarheid aan gelowiges voor te hou (Joh. 8:32).
- Die verbond met YHVH en met medegelowiges te alle tye te eerbiedig deur ware liefde en ondersteuning vir mekaar te gee (Jak. 2:15 tot 17).
“Sh’ma Yisra’el Yahuah Eloheinu Yahuah egad.”
“Luister, oor wie Hy heers as Magtige God (Yisra’el), Yahuah is ons God, Yahuah is Een.” Deut. 6:4
Nuwe Lied Bediening word deur Johan en Rachelle Kriel van Jeffreysbaai behartig.