Les 11: Hanukkah – Fees van Toewyding

In hierdie gedeelte van ons Skriftestudie sal Hanukkah en Purim bespreek word. Dit is feeste wat wel in die bladsye van die Skrifte gevind kan word, maar wat nie deel is van die Feestye (Bestemde Tye) van YHVH nie. Daarom is dit nodig om oor die viering van hierdie feeste te besin, asook te besin oor die plek wat dit in ons geloofslewe behoort in te neem. Lees verder: Les 11: Hanukkah

 

Les 13 (Deel 1): Die Paasfees (Easter) Misleiding

Het jy jouself al gevra: Wat het hasies, gekleurde eiers en hot cross buns met Paasfees te doen? Waar kom hierdie gebruike en simbole egter vandaan? Is hierdie dinge deel van die gepaste wyse om die folterdood en opstanding van Yeshua Messias te gedenk? Is dit regtig so onskuldig soos dit lyk? Het jy al hieroor gewonder? Is Pesag (Paasfees; Pasga; Passover) en Easter name vir dieselfde fees met dieselfde betekenis? Lees verder: Les 13 (Deel1): Die Easter Misleiding

Les 13 (Deel 2): Watter Dag is Yeshua Gekruisig

Miljoene Protestante en Katolieke glo dat Yeshua Messias op `n Vrydag (Goeie Vrydag) gekruisig was en op Sondag (Opstanding Sondag) uit die dood opgestaan het. Vir bykans 2 millennia vier die kerk Goeie Vrydag en Opstanding Sondag. Is dit egter feitelik korrek? Kan ons dit bewys aan die hand van die Skrifte (Bybel)? Lees verder: Les 13: (Deel2): Watter Dag Is Yeshua Gekruisiging?

Les 14: Die Misleiding van Kersfees

Is Kersfees regtig `n Christenfees? Bring ons eer aan Yeshua Messias deur die viering van Kersfees? Min Christene het nog ooit die moeite gedoen om die antwoord op hierdie vrae te kry. Talle mense het groot geword met die herdenking van die 25 Desember as die geboortedag van Yeshua en aanvaar dat dit volgens die Bybel korrek is en derhalwe God se goedkeuring het. Wat is egter die waarheid? Lees verder: Les 14: Die Kersfees Misleiding