Wanneer daar van YHVH se voedselvoorskrifte gepraat word, is die reaksie by die meerderheid Christene dat dit nie van toepassing op hulle is nie. Die rede wat aangevoer word, is die siening dat hulle vry van die wet is en dat dit ou testamenties is. Diegene wat hierdie standpunt huldig behoort hulself egter die volgende vraag te vra: Was hierdie wette slegs vir ‘n geestelike doel deur God ingestel of was daar moontlike ander redes ook voor gewees? Hierdie vraag behoort gevra te word in die lig daarvan dat Vader God die belange van Sy kinders altyd eerste stel. Is hierdie voedselvoorskrifte nie moontlik ook vir die welsyn, naamlik liggaamlike gesondheid, van die mens nie? Daar bestaan vandag wetenskaplike bewys hiervoor. Hierdie vrae en veel meer sal in hierdie Skriftestudie ondersoek en bespreek word.
Monthly Archives: December 2012
Les 1: Inleiding en Agtergrond
Alvorens die voedselvoorskrifte (voedselwette) van YHVH ondersoek word, moet die kwessie van die wet (Torah) en genade eers aangespreek word. Elkeen moet hieroor duidelikheid kry, want anders sal hierdie studie baie verwarrend wees. Lees verder: Les1VoedselwetteInleiding
Les 2: Doel en Basis van hierdie Studie
In Levitikus 11 en Deuteronomium 14 word die voedselwette van YHVH vir ons gegee. Die kernvraag wat ons in hierdie studie gaan ondersoek, is die volgende: Is hierdie voedselwette steeds van toepassing op die gelowige in Yeshua Messias? Met ander woorde: Kan die mens self besluit oor wat hy eet? Hierdie onderwerp word baie selde, indien ooit, deur gelowiges bespreek. Lees verder :Les2VoedselwetteDoelBasis
Les 3: Rein en Onrein Diere
In Lev. 11 en Deut. 14 leer ons wat volgens Torah as rein diere en wat as onrein diere beskou word. Hiervolgens mag die mens van die rein diere eet, terwyl die eet van onrein diere as ‘n gruwel beskou word. Lees verder: Les3VoedselwetteReinOnrein
Les 4: Die Doel van Rein en Onrein Voedsel
YHVH het aan die mens ‘n verskeidenheid van voedsel gegee sodat hy daarvan kan eet om te lewe, maar om dit wat hy eet ook te geniet. As Skepper van die mens weet YHVH egter watter voedsel sal die menslike liggaam onderhou en groei verseker en watter skadelik is. Lees verder: Les4VoedselwetteReinOnreinDoel.
Les 5: Tipes Onreinheid
In die Skrifte word daar na twee tipes van onrein verwys. Hierdie verskil moet duidelik verstaan word. Lees verder: Les5VoedselwetteOnreinheid
Les 6: Rein en Onrein in die Hernieude Verbond
Alvorens nuwe testamentiese uitsprake aangaande voedsel ondersoek word, moet ons eers bepaal of daar in die hernieude verbond, soos in die ou verbond, onderskeid tussen die tipes onreinheid gemaak word. Is die hernieude verbond ‘n voortsetting van die ou verbond ten opsigte van rein en onrein of het daar nou, soos deur sommige geglo word, ‘n verandering plaasgevind? Lees verder: Les6VoedselwetteOnreinNV