Leuens Wat Die Kerk My Geleer Het

Ek en jy en elke mens op aarde is gebore in sonde. Een van ons gebreke is om nie altyd die waarheid te vertel nie. Soms wil ons egter ook nie graag die waarheid hoor nie. Het jy al ooit daaraan gedink dat jou kerk, die plek wat veronderstel is om jou geestelik te leer, dalk meer leuens vertel as die visserman en die grootte van sy vis? Kom stap ‘n pad saam met Hein Zentgraf sodat hy jou van hierdie skokkende leuens kan uitwys. Slegs as jy eerlik is met jouself sal jy kan erken dat selfs jóú kerk, die plek waar jy Sondag na Sondag sit en luister na ‘n geestelike boodskap, dalk meer skade aangerig het aan jou geestelike lewe as wat dit goed gedoen het. Jy mag moontlik op leuens afkom wat Hein gemis het…Lees verder: Leuens wat die Kerk my geleer het