Leuens Wat Die Kerk My Geleer het

Ek en jy en elke mens op aarde is gebore in sonde. Een van ons gebreke is om nie altyd die waarheid te vertel nie. Soms wil ons egter ook nie graag die waarheid hoor nie. Het jy al ooit daaraan gedink dat jou kerk, die plek wat veronderstel is om jou geestelik te leer, dalk meer leuens vertel as die spreekwoordelike visserman en die grootte van sy vis? Kom stap ‘n pad saam met Hein Zentgraf sodat hy jou van hierdie skokkende leuens kan uitwys. Inteendeel, nadat die eerste weergawe van die artikel verskyn het, moes dit vinnig aangepas word om “nuwe” leuens, dinge wat werklik diep gesetel was en amper vergete gebly het, by te voeg. Daar is min dinge so erg as mense wat vir hulself lieg en slegs as jy eerlik is met jouself sal jy kan erken dat selfs jóú kerk, die heiligdom waar jy Sondag na Sondag sit en luister na ‘n geestelike boodskap en dieselfde mense vir wie jy finansiëel ondersteun, dalk meer skade aangerig het aan jou geestelike lewe as wat dit goed gedoen het. Jy mag dalk besef dat jy eintlik net op instink kerk toe gaan en moontlik op leuens afkom wat Hein gemis het en help bydra na ‘n hernude weergawe…Lees verder: LeuensKerkMyGeleerHersien